Special Offers 2016
Hotel Management and Marketing

Management

Welcome to HS&V Hospitality Management. Your complete solution for dynamic Hotel Management and Marketing.

Our Values

Our Values

We embrace a value based culture. At HS&V Hospitality Management our values underpin our guestrsquo;s experiences.

Meet the Team

Meet the Team

Our Africa team consists of more than 20 professionals to manage and market your Hotel with the reinforcement of over 200 professionals in 30 global offices.

Our Alliances

Our Alliances

By becoming part of HS&V Hospitality Management, you gain direct access to a valuable network - providing you with uncapped international opportunities.

Hotels

Hotels

We offer an exclusive collection of luxurious boutique hotels in exquisite locations.

Spas

Spas

Erinvale Spa invites you to enter a serene space where you can be nurtured, re-energised and revitalised to re-connect mind, body and inner self. We offer handmade wellness solutions and strive to introduce you to the art of relaxation.

Restaurants

Restaurants

We offer a selection of fine restaurants to tantalize your tastebuds.

Vineyards

Vineyards

The picturesque Sylvanvale Vineyards surround the historic Devon Valley Hotel.

Stellenbosch

Stellenbosch

The beautiful town of Stellenbosch, roughly an hour from Cape Town, lies surrounded by the Stellenbosch Mountains in the Jonkershoek River Valley in one of the most picturesque settings in the Cape. It has the oldest and most famous wine route in South Africa.

Somerset West

Somerset West

Somerset West lies in the Helderberg Basin, surrounded by an amphitheatre of mountains, between the Cape Winelands and False Bay. It has a host of historic and acclaimed estates and is the gateway to the Garden Route.

Accra

Accra

Situated in Ghana, West Africa. Accra is wonderland of natural and architectural beauty, Accra offers outdoor adventures along with fascinating historical buildings, modern shopping and Museums well worth a visit.

Processing...

NEWS ARTICLE

Vuur en vlam vir Kaapse wynland

Published in News on 1 Mar 2005

dvterraceviewlarge20090506101151Nege jaar lank moes ek in Johannesburg hoor hoe onvriendelik en snobisties Kapenaars kwansuis is. Toe ek so tien jaar gelede na my geboortewêreld terugkeer, het ek my voorgeneem om vas te stel of ons klompie hier heel aan die suidpunt van Afrika werklik so onaangenaam is soos die Gautengers voorgee, skryf Johan Crafford.

DIT was ook nie lank nie, of ek was agter die kap van die byl. Nee, ons is nie onvriendelik nie. Ook nie snobisties nie. Bederf, ja. Waar die Gautengers baie meer op mekaar aangewese is omdat hul wêrelddeel nie naastenby soveel bied soos ons s`n nie, is Kapenaars bederf met alles wat die mooie Kaap bied. Dink net `n oomblik na of vra mense wat avontuurlustig is en dikwels plaaslik reis, en jy sal besef ons woon in `n smorgasbord van besienswaardighede, ervaring en avontuur. Om van kultuur nie eens te praat nie.

Op `n toerismekursus twee jaar gelede het ek met `n skok besef hoe swak ek my eie omgewing ken, en toe ek by die Kaapse Wynakademie agterkom wat ek al die jare in wyn ontbeer het, was ek vuur en vlam om hierdie wonderlike wêreld beter te leer ken. Die wynkennis en -ervaring het my met nuwe oë na ons wynroetes laat kyk. Daar is `n horde van hulle, iets soos 15 volgens die Kaapse Wynakademie, en dit sluit brandewynroetes uit. En elke wynroete kan in meer as een dagtoer verdeel word, wat iewers met `n heerlike ontbyt begin, `n paar wynproeë insluit en dan met `n laterigemiddagete eindig, natuurlik met wyn wat nie uitgespoeg word nie! Dan praat ek nie eens van al die besienswaardighede random die wynroetes nie!

Een heerlike sonskyndag vroeg in Januarie het ek `n vriend wat ek al byna `n kwarteeu ken, juis op so `n dagtoer geneem. Vir hom moes dit `n wegkomkans van die daaglikse stres van die werk wees. Vir my was dit net nog `n verskoning om ons pragtige natuurskoon vir die soveelste keer te geniet, en wat maak daardie genot dan meer volmaak as puik wyn en heerlike kos? Ons bestemming vir die dag was die pragtige Devonvallei net buite Stellenbosch aan die pad na Kuilsrivier – aan die Eikestad se westekant. Druiwe word reeds sedert die 18de eeu in hierdie pragtige vallei geplant en die vallei spog vandag met sowat 700ha wingerd. Danksy `n rits gesogte toekennings word die Devonvallei al hoe meer as een van die wêreld se belangrikste rooiwyngebiede beskou. In 1997 bet die vallei se wynbouers die gebied as `n wyk laat afbaken sodat hulle met trots die naam op hul etikette kon gebruik.

Maar voordat ek die wynwegbreekkans vergeet! Van die N1 af ry jy met uitgang 39 na Stellenbosch, volg die rigtingwysers na die R30l en Kuilsrivier deur die dorp totdat jy by die afdraaipad na die Devonvallei kom. Dit is net-net verby Distell en Oude Libertas. Van die N2 se kant af draai `n mens by uitgang 33 af en ry op die R310. Net voor Stellenbosch draai jy dan links na die Devonvallei. Net so terloops, die Stellenbosse wynroete, die eerste in Suid-Afrika, is in 1971 gestig. Die pad neem jou verby kilometers wingerde en boorde en verby die bekende baken die Devon Valley Hotel totdat jy jou vasry in die Huis van J.C. Ie Roux, die maker van skitterende vonkelwyne. Hier het ons dag amptelik begin met ontbyt in J.C.le Roux se restaurant bokant die indrukwekkende proelokaal.

Ek en my vriend Chris het ons tuisgemaak op die terras van die restaurant, omring deur die rustigheid van die Devonvallei en die kalmerende invloed van plaasgeluide. Die restaurant het `n stewige ontbyt-spyskaart, asook ligte middagetes. Ek het my vergryp aan `n Engelse ontbyt en Chris het iets ligters bestel, `n sogenaamde Country Breakfast. `n Koffie of twee later was ons tenks vol en was ons slaggereed vir die dag se aksie. Die rekening was onder R100.

Die eerste proe van die dag was in J.C. Ie Roux se pragtige proelokaal op die grondverdieping, en hier het `n kundige en vriendelike dame die verskillende soorte vonkelwyne aan ons bekend gestel. Daar is geloer na die kleur en helderheid, geruik, geproe en gespoeg vir `n vale, en ons twee is as veel wyser manne vort. Net so terloops, vonkelwyn is die enigste van Bacchus se voggies wat al vier sintuie bekoor. Jy kyk vir die kleur en helderheid, jy ruik die geure, jy laat jou smaaksintuig `n vrugtereis onderneem en dan luister jy hoe die borreltjies baljaar – oë, neus, mond en ore in harmonie. Siedaar! J.C.le Roux bied ook keldertoere aan. Skakel gerus 021 865 2590 vir nog inligting.

Op pad terug, en op soek na ons volgende wynproe, het ons by die historiese Devon Valley Hotel gaan inloer. Vir rustigheid en landelikheid, gaan kyk onder Devon Valley Hotel in die woordeboek. En van sy pragtige, skaduryke terras af, waar `n mens heerlike ligte etes kan geniet, waaronder tapas, het jy `n asemrowende blik op die vallei en die berge rondom Stellenbosch. Sulke tye bloei `n mens se hart vir mense wat nie hier in die Kaap bly nie!

Die hotel, wat op die Sylvanvale-landgoed geleë is en deur wingerde omring is, is in 1947 gebou en is `n bekende en geliefde baken vir baie mense – inwoners van die dorp sowel as besoekers. Dit bied ook `n restaurant met `n meer tradisionele spyskaart, terwyl Sylvanvale se wyne hier te koop is. Druiwe word sedert 1960 teen die suidoostelike hellings met die ryk rooi grand en koel Atlantiese seebries verbou. Die landgoed is bekend om sy unieke vine-dried-wyne en produseer sowel `n chenin blanc as `n pinotage wat in hierdie styl gemaak is, terwyl `n puik cabernet ook op die wynlys verskyn. Die wynbouer Lorna Hughes bet nie net in die restourasie van die eiendom `n rol gespeel nie, maar haar program van streng gehaltebeheer met streng troskeuse die hele jaar deur het gelei tot die diep vrugtegeure wat die landgoed se wyne kenmerk. Vir nog inligting oor Sylvanvale se produkte en die Devon Valley Hotel, skakel 021 865 2012.

Net agter die hotel is die landgoed van Meinert Wines (021 865 2363), `n voorste rooiwynproduseerder. Net `n klein verskeidenheid wyne word hier “met die hand” gemaak, maar dit kan net by die restaurant by 96 Winery Road op pad na Somerset-Wes geproe en gekoop word. Sy vlagskipwyn is `n versnit, Synchronicity, en net vir hom is dit die moeite werd om die draai na 96 Winery Road te ry. Hiervandaan ry jy `n entjie terug in die rigting van Stellenbosch tot by die afdraai skerp na regs na Clos Malverne en Louisvale. So `n kilometer of twee verder vind jy Clos Malverne aan jou regterkant. “Clos” beteken “omvou” of “omring”. In hierdie geval deur ander wynplase, en daar is glo `n dorpie in Frankryk met die naam Malverne. Dit is nou soos die kundige en vriendelike dametjie in die proelokaal aan ons verduidelik het.

Clos Malverne se plaashuis (as `n mens dit `n huis kan noem!) is natuurlik waaroor sprokiesverhale geskryf word, en dan is die uitsig op die vallei kniediep in wingerde wat deur Stellenbosch se berge doer anderkant omarm word, iets wat die asem wegslaan. Daar word natuurlik reeds sedert die 18de eeu hier wingerde geplant. Ry by Clos Malverne se hek uit en draai regs. Die pad vat jou kronkelend na Louisvale, net `n hanetree daarvandaan. Louisvale (021 865 2422) is ook `n boetiek-wynplaas met sowat 26ha onder wingerd, wat veral bekendheid verwerf het vir sy puik chardonnays wat hy sedert 1989 uitgereik het. Daar is gehoute chardonnays en chardonnays wat geen hout ervaar het hie. Proe na hartelus en besluit self wat die hardste tot jou spreek. Sowel Clos Malverne as Louisvale het `n volledige reeks wyne, wit en rooi, maar ek het agtergekom dat dit die beste is, vir my altans, om `n mens op elke landgoed of kelder se vlagskip-wyne toe te spits. En moenie huiwer om die kundige mense agter die toonbank te vra waarna om te ruik of waarvoor om te proe hie. Dit verbeter die ervaring veelvuldig.

Teen hierdie tyd is ons al so in die versoeking gestel om te sluk eerder as om te proe en uit te spoeg, dat ons besluit het om koers te kies eetplek toe. Maar dit was steeds `n effense verrassing, want ons was nog nie seker presies waar ons sou gaan aansit nie en daar is so baie om van te kies! Maar ons moes darem eers by die Mombergs van Middelvlei gaan inloer vir `n laaste proe en spoeg. Om uit te kom by hierdie wynlandgoed wat soos `n hoefyster teen die noordelike hang van die Papegaaiberg lê, moet jy terugry tot by die R310, links draai in die rigting van Stellenbosch en by die eerste verkeerslig weer links draai en verby Oude Libertas ry totdat jy in Middelvlei vasry.

Dit was nou reeds etenstyd en ons moes besluit tussen middagete by die Devon Valley Hotel, op die wynlandgoed Neethlingshof aan die pad na Kuilsrivier of by `n betreklik nuwe plek waarvan ek pas gehoor bet, Thirty Three Stellenbosch by Vlottenburg. Ons het op laasgenoemde besluit. Om by Thirty Three Stellenbosch uit te kom, ry jy in die rigting van Kuilsrivier en draai links na Vlottenburg net voordat die dubbelpad enkel word, byna regoor die afdraaipad na Overgaauw, Uiterwyk en Jordan. Wat die eetplek se omvattende spyskaart buitengewoon maak, is dat daar by feitlik elke gereg een of meer voorstelle vir wyn is wat die spesifieke gereg eer sal aandoen. En daardie wynlys is genoeg om enige mond te laat water.

Nou ja, alle goeie dinge eindig mos, of so vertel die mense wat weet. Maar hierdie goeie ding, dit is nou die wyn-en-eet-uitstappies, se einde is beslis nog nie in sig nie. Daar is nog te veel wyne wat geproe moet word en te veel maaltye om hierdie boerseun aan die hiernamaals te laat dink! Volgende keer vat ek `n ander koers.

Johann Crafford is `n skakelkonsultant, vryskutjoernalis en toergids wat in wyntoere spesialiseer.